Gedigte

Titel: KAMPVUUR
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Staar in die vuur
leer ‘n nuwe kuur
rooi tonge wat dans en hap
wat aan die siel bly krap

Vonke, verskietende sterre
wat optrek in die verre
dans om en bo die vuur
soos hul sms seine stuur

Na ek weet nie waar
nou hier, dan sommer daar
stompies wat spookasems blaas
eers vlamme dan ‘n bewende hitte waas

Net my oë wat niks siende staar
voer gedagtes ver, van waar
totdat hitte verander in as
oor gedagtes wat lankal was

06/01/2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

KAMPVUUR


Hoe laat jy my nie na die Bosveld met hierdie werkie van jou verlang nie! Ek ruik die rook van klambrandhout, sien die vonke duisende sterretjie opwaarts skiet as die stompe verskuif!
Mooimens, sommer mooi! (En dankie vir die uitnooi. Was beslis die moeite werd!)
6 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 22 ure oud


Kampvuur
Dis n pragtige beskrywing, die gedig van jou. Ek's mal hieroor.
6 jaar 2 maande 1 dag 11 ure oud


kampvuur
Besonderse slot hou hiervan.
6 jaar 2 maande 1 week 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar