Gedigte

Titel: Kan ek?
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kan ek ?

Kan ek die vlamme,
met whiskey blus?
Kan ek die stemme,
met sigarette sus?
Kan ek met naalde,
die seer stil laat raak?
Kan ek ‘n fix by Jou kry,
en myself onsigbaar maak?

Kan ek die pyn,
in dooswyn verdrink?
Kan ek die trane,
uit leë bottels uit drink?
Kan ek ophou naar raak ,
vir my gesig in die spieël?
Kan ek ‘n fix by Jou kry,
in ruil vir my siel?


Johan du Preez (13/12/2005)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

amazing
Hoekom kom ek nou eers op hierdie gedig af? Dis absoluut uitstekend! Mal daaroor!
8 jaar 5 maande 1 week 2 dae oud


jy kan _ 'n beste awesome gedig
9 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Hou hiervan.. Goeie werk!!!
9 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


die rouheid in jou werk praat diep.. like jou styl
9 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Johan.. ek hou van!! Jy skiet reguit deur tot 'n baie diep versteekte puntjie in my hart..

"Kan ek ophou naar raak ,
vir my gesig in die spieël?
Kan ek ‘n fix by Jou kry,
in ruil vir my siel?"

goed, BAIE goed, gese!

J..
9 jaar 7 maande 2 dae 10 ure oud


Seer-seer geskryf. 'n Desperate soeke na ontvlugting of indien moontlik vernuwing. Weg van die ou self. Baie goed geskryf.
10 jaar 5 maande 3 weke oud


Kan ek?
Ek is nou nie welbelese of baie slim nie. Ek weet net wat ek van hou en hierdie gedig is goud! Ek verstaan nie hoe mens met woorde so 'n raak beeld kan skep nie. Dat dit jou laat stil word en dink aan jou eie tye van trane. Dankie Johan - jy maak afrikaans weer mooi!! StevieD
10 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


nog 'n sjoe...
revolutionary... (",)
10 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Ek het met hierdie een begin... Jy het nou my volle aandag! Ongelooflik!
Sooz
11 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Was ons nie al almal daar, waar ons troos in lee vermaak soek, die wind najaag opsoek na antwoorde, aanvaarding en vrede nie. Hou hiervan. Het jou "geklick". Sal "jou" weer lees.
11 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


kan ek
wow.. jy's reg. ek hou van! sommer baie! dit herinner my baie aan een van my eie - dwelm - as jy sou wou loer?

salut!
11 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


ah, wow ek was mal hieroor... regtig mal hieroor, dis great!!
11 jaar 10 maande 4 dae 9 ure oud


kan jy?
wow!
intense, donker, ernstig...
dit mag dalk nie reg wees nie, maar soos ek lees, wil-wil dit voorkom asof die spreker nie regtig smagtend is na heling nie. miskien het die dooswyn die pyn genumb - die care genumb - ek weet nie so mooi van die fix nie, maar boeta jy KAN maar nog sulke werke skryf...dis amazing
11 jaar 10 maande 3 weke 13 ure oud


Ritmies baie goed geskryf. Nee dig kan jy Johan.
12 jaar 1 maand 1 week 5 dae 4 ure oud


ruil vir my siel?
Kan ek ‘n fix by Jou kry,
in ruil vir my siel?

Sjoe! Johan ek, ek het nie woorde. Ek word al hoe meer bewus gemaak van my voorregte. In eenvoud ruk dit die diepste wortels van my bestaan.
10/10. Kon dit nie ophou lees! Oor en oor en oor.....
12 jaar 7 maande 5 dae 23 ure oud


Ek is bly dat jy op die einde jou pen gebruik vir 'n fix!!! Dooswyn werk nogal vir my ook. Shoe jy is seker die mees gelese persoon op woes! en dis net jou eerste gedig!!
12 jaar 8 maande 3 dae 6 ure oud


Kan ek
Sjoe Johan, het hierdie gedig nou sommer tot teen aan die been gesny- ek sien wat jy voel, ek voel dit ook. Paar van jou gedigte gelees, hou van jou werk. hadas
13 jaar 3 weke 6 dae 10 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar