Gedigte

Titel: Kan jy
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kan jy
Waar jy is
Die skerwe van my hart
Hoor val?

Kan jy
Waar jy is,
Die bitter van my verwerping
Galryk proe?

Kan jy
Waar jy is
Die pyn in my diepste wese
Smartryk voel?

Kan jy
Waar jy is
My groot en seer verlange
Duidelik sien?

Kan jy
Waar jy is
My hunkering na jou
Nie ervaar nie?

O Here,
Dit maak so seer
Om jou te laat gaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kan jy
Ai hoe seer is jou verlange en tog mooi verwoord.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


Z
Uitstekende gedig. Waak net teen hoofletters aan die begin van elke sin wat 'n eenheid vorm.
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Kan jy?
Diep gevoelens puik, puik, puik weergegee!!
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 15 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar