Hoe onafwendbaar is die dood
wat in ons gene skuil
vrees laat opruk
en harte rou laat huil
Skielik, eendag
gryp jy my,
klou my in jou greep
Skeur my lewe
liefde
kinders
aan flarde
laat bloed vlekloos
drup
- ‘n siel word vrygelaat
maar vrees onkeerbaar te laat kanker
in die volgende geslag.
Lees ander gedigte deur Annalize Burger
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Hannelie
My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms