Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kanker is ‘n nare ding
pyn en verdriet wat hy bring
soms kom hy skelm stadig
soms kom hy pynlik vinnig
soms word jy genees, soms nie
     
Soms vreet hy my liggaam
soos ‘n vampier
suig my lewe leeg
van lewens moed
voel nie meer goed

Soms slaan hy sy arms
soos ‘n seekat
suig hy my lewe vas
sleep my siel na donker dieptes
ek nie wil wees in siektes

Soms seil hy in my liggaam rond
soos ‘n bose krullend slang
pynig liggaam en siel
pik my hier pik my daar
maak my lewe deurmekaar en naar

Soms is bietjie genade al wat ek vra
ek weet ja, ek weet ja
dit is suiwering van die siel
soos Jesus aan die kruis
gemartel en gesuiwer was van siel

Soms weet ek, ja Vader ek weet
U genade is vir my genoeg
al is my liggaam ongemalik en moeg
ek weet ja, ek weet ja
by U kan ek skuiling vind

Dankie hemel Vader
vir lewe ryk en vol, tyd gegun om te groet
dankie vir vriende wat verstaan
vir ‘n dierbare liefdevolle gesin
wat my hierdeur getrou dra

Soos Jesus verwerp was deur sy Vader
het ek vandag die troos
ek sal nie alleen hierdeur gaan
Hy sal my hand styf vashou
tot na my sterwens uur

Hy sal die kanker
in my liggaam finaal uitklop
my vlerke reguit pannelbeat
sodat ek uiteindelik sonder kanker
op reguit vlerke sonder pyn die hemel bereik

My troos in pyn is dit
ek gee my lewe in Sy hand
ek het met Hom ‘n ewige band
ek hoop om eendag in sy Hemel te sit
haleluja God is groot selfs tot in die dood

2 Mei 2015
#Die gedig word opgedra aan twee van ons kosbare vriendinne Elme en Sarie wat geruime tyd stoei met kanker
en ook so baie ander mense wat met kanker stoei . Ek wag ook tans vir uitslae van biopsies.
Ons gebede gaan uit na almal wat met kanker stoei.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Kanker
Amen
4 jaar 6 maande 3 dae 11 ure oud


Kanker
'n altyd groeiende wortel van vernietiging, maar dank die Heer dit kan net ons liggaam oorneem. Die Siel is veilig in Godsgenade!
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


kanker
Schatz hierdie is n werk wat diep slaan
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Kanker
sjoe Schatz wat n pragtige gedig, so eerlik en uit die hart! Ek kan net dankie se vir die deel... Sterkte vir jou uitslae.. weet egter altyd Hy hou jou in Sy hand ongeag die omstandighede
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 3 ure oud


kanker
Besef ons nie maar almal wat reeds daardeur moes swoeg. Sterkte en julle is in ons gebede.
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar