Verbitterd staar ek
na die een bors beeld
in die spieël (2006)
en my trane stroom
soos geen stroom ooit kom vloei
want hier vloei groot hartseer
twee jaar later
treur ek nog
en nou sê dokter kanker weer terug
Nee, Here dit kan nie wees
my bors opbouing sou nou begin
maar dokter reken ek moet wag
weke later, ’n histerektomie
weer word ’n gedeelte van my vrouwees
verwyder om te oorleef
stom staar ek verbitterd na die spieël
is hier dan nog iewers vrou in my oor
om ’n begeerlike vrou vir my man te wees
maar Jesus het my raakgesien
my aangeraak, my getroos
die bitter in my weggeneem (al het dit lank geneem)
en my gesond gemaak.
Lees ander gedigte deur Bets Bronkhorst
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Lorelei
Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.