Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


O Heer gee my krag in hierdie donker nag
is dit wat wag in somber nag óf helder dag
waar ongenaakte kanker in my lyf kom anker

graag wil die mens loop die enigste pad van hoop
totdat die uurglas uitloop sal niemand my geloof sloop
al wil die dood vir my fluit is ek in God’s hand gesluit

al glo mens nie in wonderwerke word ek gedra op engel vlerke
kanker wat net bly beroof sal my siel U altyd loof
baie loop op die kanker spoor wat net die siel wil deurboor

hoe lank sal die gejeuk nog duur wat fel brand in benoude uur
die ontelbare hare van my vlees het opgehou groei van vrees
laat U mildadige genade skenk en oordadig alle hoop deurdrenk

soms is die gehoor tog so teer die kragte min om te reageer
U skenk uitkoms vêr bo ons verstaan op die weg wat nooit sal taan

12 Junie 2015 om 11h00.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Angel
. . . dankie Arnold.
4 jaar 2 maande 4 weke 21 ure oud


Kanker waar is jou angel.
Altyd die hoop geborg deur geloof in God...
Dankie Arnold.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


Kanker waar is jou angel
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


kanker
By God alleen is geneesing. Hy vertroos die wat bang is en gee krag aan die wat swak is.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


KANKER
Hoop.. Mooi gedoen!
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Angel
Jy bring hoop en geloof met hierdie pragtige gedig.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Kanker
'n Pragtige werk wat 'n mens diep aanraak.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


kanker
Arnold hierdie is n werk wat diep tot mens spreek
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud



Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar