Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op driejarige ouderdom het ek ‘n kuiken gekry.
Om die minste te sê, was ek baie bly!
Met hok en al in die huis – met toestemming van my Ma
en hemelwaarts-hoë-gerolde oë van my Pa.

Ja, ek het hom “Kannie-dood” genoem
en vir hoender se kind opgesoen.
“Kannie-dood” was volgens my God gegewe
en sonder hom kon ek nie lewe!

Dit was: “Kannie-dood kom laat jy eet”
en “Kannie-dood het jy gegroei? Kom laat ek jou meet!”
Ja-nee, “Kannie-dood” was altyd aan my sy
en ons twee sou jy moeilik uit mekaar kry.

Die enigste vereiste was, dat kuiken in die hok moes bly,
as Ma my roep, maar ek het “Kannie-dood” jammer gekry!
Ek en “Kannie-dood” was net lekker aan die speel…
‘n Doppie met water en ‘n deksel vol meel…

Toe ek hoor: ”kos is op die tafel …
kom eet gou ‘n heerlike stroop wafel!”.
“Kannie-dood” heeltemal vergete
en al waaraan ek kan dink is ete!

Ek hardloop in die gang af en draai weer om,
want “Kannie-dood” moet mos ook saam kom!
Sonder om te besef, het “Kannie-dood” met net ‘n paar nuwe vere
op tingerbeentjies saam gehardloop vir al wat lewe.

Met spoed draai ek om en gee my eerste tree terug…
“Kannie-dood” kon nie eers vlug…
Niemand kon “Kannie-dood”weer aan die lewe kry!
Ek wens ek het “Kannie-dood” in die hok laat bly!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar