Gedigte

Bladsye:
Titel: Karavane
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

uitgemergel deur son en woestynsand
skud die kameel hom op en af
moeg lê sy terug teen haar geliefde
op pad na haar eerste oase

trou het sy hom beloof
om vir ewig langs sy, sy te bly
in dorre land van sand

styf teen haar hart gedruk
haar boek van die lewe
die Heer bring sy saam
haar Oppasser en Vertrooster

hier waar sy eensaam en alleen
haar liefde aan die Heer moet openbaar
aan die sy van haar geliefde Arabier

die karavaan kom tot stilstand
water word uit bottels gedrink
‘n ruskansie word gegun
haar geliefde bly aan haar sy

laat los haar geliefde sak
die sal sy nooit
want sonder die Heer
wil sy nie die dorre landskap betree

stadig kom die karavane in beweging
almal stu voort in een rigting
nader na haar nuwe huisvesting.

in die verte aanskou sy haar tuiste
in haar hart bid sy vir haar Heer
druk haar lewensboek stywer teen haar vas
veilig gekoester vir hede en toekoms.
©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

woestyn
Ek kan net met Neels saamstem.
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


woestyn
ans hier haal ek my sterretjie boek uit en plak vir jou tien goue sterretjies
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Tong in die kies

    deur Delene de Wet

    My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar