Gedigte

Titel: Karnuffel
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jannie teken met sy griffel
‘n stormende buffel.
Die stof die waai
en die horings swaai,
soos die buffel sy onnie karnuffel!

Onnie sien die prentjie raak –
die prentjie wat klein Jannie maak
Met ‘n kweperloot
en Jannie oor sy skoot
is dit die einde van die saak!

Dit is wat die onnie dink,
maar Jannie met sy trane blink
het by sy liewe ma
oor die kweperlatpak gaan kla
en sy moes suikerwater drink! !

Jannie teken op sy lei
hoe sy ma vir Onnie terugkry..
Die koppe die draai
en die hande swaai
soos sy ma en sy onnie baklei!!

Mamma sien die prentjie raak,
die prentjie wat klein Jannie maak
Die gort is gaar –
sommer dan en daar
eindig die kweperlat die saak!!






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar