Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stofpad slinger stowwerig
buite Karoo-dorp sluimerend
onder die hang van die Kamdebo
met karretjie-mense
styf ingeryg en kiertsregop
in die Augustus-kou
asems damp blou
in die vroegmore.

Langs die stofstrate van Aberdeen
lê leivore lui
en kreunend kners die windpomp
in die yl wind wat streep
al met die stofpad langs.

Bruin kinders gryp glad na paddas
al in die leivoor af
en grootoog sit die uil
verskuil in die Peperboom
terwyl verbete die kerkhorlosie
die kingel aftel tot tien.

Teen die grootpad na Willowmore
leun die padstal moeg en skeef
volstruisbiltong en sybokhaar-sokkies
staan langs koeksisters uitgestal
en wag op toeris se uitklim
na lang moeg-bout-sit teerpad.

Een -hoofstraat -dorpie
met kerk, drankwinkel en Pep-Stores
glurend na mekaar oor die straathoek
en losieshuis met "Moer-toe" naambord
van koffiewinkel
wat jou hier begroet.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Loxton
Voel amper soos 'n Loxton dorpie, waar my oupa groot geword het. Puik geskryf.
7 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 17 ure oud


Ita


. . . . ek was al daardeur,
nostalgies skep jy herrinneringe weer,
met klank en spel en luim en lewe en rustigheid en stowwerigheid, saamgespoel in karoogevoel

dankie

(een spelfout = 'uitklim'
7 jaar 11 maande 7 ure oud


Karoo-dorp
Hierdie gedig het my so laat glimlag, dit klink soos 'n plekkie wat ek diep in my hart koester... Dis pragtig, dankie vir die deel :)
7 jaar 11 maande 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar