Gedigte

Titel: Katkenades
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die muisies sit reg om te eet
toe kat kom om hul te wil vreet
toe Pa begin blaf
skrik kat sy sit af
gelukkig twee tale te weet

Ek wil net wys hoe die kenners 'n mens kan help om 'n lendelam gedig perfek te maak.
Eva se dogter lewer kommentaar, ek verander die limerick en sy lewer weer kommentaar en dit is nou 'n produk waarop ek  trots is:

Eva skryf:

Ek wil jou net nog 'n reel gee wat jy in die vervolg  kan onthou:
Die eerste reel moet 'n persoon- of pleknaam inhê.

Piet Muis en sy kroos sit en eet
die  kat kom om hul te wil vreet
toe Piet begin blaf
skrik kat sy sit af
gelukkig  twee tale te weet

Baie dankie Eva se dogter.  Dit is wat van ons goeie skrywers maak.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit is lekker om te sien hoe die Woesters mekaar help en ondersteun en ook advies vat. Dit wil eintlik gedoen wees. maklik om advies te gee maar dis groot om advies te vat. Groete. A
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


Katkenades
En so leer ons al hoe meer by die kenners. Baie mooi gedig sus.
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 13 ure oud


Oulik! Lekker as 'n mens nog kán leer!
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


Dit werk!!
:)
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Ek het dit nou bietjie verander, hoop dit werk beter.
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


Ritmies perfek - rym so amper-amper!! :)
12 jaar 2 maande 1 week 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar