Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Wanneer ek die kelders
van die see betrag,
sien ek die Hand van God
in elke vorm van lewe
raak.

Wanneer ek die kelders
van die see
diepliggend
ondersoek,
sien ek hoe Hy
die waters tot perfeksie
maal en elke gedierte en gedrog
tot uniekheid
geskape het.

Wanneer ek in die kelders
van die see
verdwaal
en my gemoed in die
oorweldigende kosmos
van ’n dieper blou
verdrink

voel ek hoe Hy
my optrek

en vra
“kleingelowige,
waarom twyfel jy?”




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kelders . . .
Baie mooi! Goed geskryf!
4 jaar 6 maande 11 ure oud


Kelders van die see
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KELDERS VAN DIE SEE projek.
4 jaar 6 maande 1 dag 3 ure oud


kelders
Hierdie is uitstaande gepen. Pragtig en ek kan ook net Amen daarop sê
4 jaar 6 maande 1 dag 6 ure oud


kelders
Hoe groot is ons God en klein ons bestaan. Jy jy pragtig gepen.
4 jaar 6 maande 1 dag 10 ure oud


kelders van die see
Pragtig geskilder.
4 jaar 6 maande 3 dae 15 ure oud


kelders
Voortreflik positief gepen.
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Kelders vd see
Diep gedig diep gelowig - mooi
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


nou ja
jou anderkant...

dis sommer net special.
vir vele redes.


diep.soos die oseaan.
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


Kelders van die see
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KELDERS VAN DIE SEE projek.
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


kelders van die see
briljant! vanaf die patroon wat jy skep met die herhalings tegniek, die obervasie, die gedagte, en die antwoord op die slot. Uistekend soos altyd, asook die titel, hou baie daarvan.
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar