Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ou vrou, jy sit in jou stoel soos ou skeepswrak
wat op die see bodem van die lewe lê,
met 'n skatkis vol wysheid in jou kop
en goue muntstukke op jou tong,
wyl jou kierie oor die kapstok hak.

Bewonder ek die skatte van jou hande
wat geduldig en sorgvuldig elke fyn
stukkie borduursel van jou lewe
stekie vir stekie kuns gevorm het,
oor ou droom wêreld lande.

Vertel jy van jou nooiens vaart van weleer,
oor jou silwer see se onthou,
van kind wees, vrou wees -
al die mooi in die holte van jou hand,
… kon ek tog als by jou leer.

Verwonder ek my oor die helderheid
van gedagtes wat sagkens waai
tussen ou vergeelde foto's
wat wapper soos oorwinnings vlae
wanneer jou oë op helder
met die goeie herinnering.

Beleef ek 'n outydse vergete gevoel
wyl ek saam met jou vir oulaas seil
oor die duining van die hoë branders
van al jou gisters wat mooi was,
en eens so opreg bedoel.

Verwonder ek my oor jou wysheid
wat nou lê op die bodem van die see
wat deur die donker dieptes verskuil
word tot 'n veraf skadu, wagtend
in die kelders van lydsaamheid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kelders van jou gedagtes
Pragtig gepen.
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


kelders van jou gedagtes
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KELDERS VAN DIE SEE projek.
4 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


kelders
Mooi interpretasie van die tema. Knap gedaan.
4 jaar 7 maande 3 weke 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar