Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Tussen goudstof van oggendson,
kniel sy kelkhand gekrom,
smekend om Sy groot genade,
eerbiedig met stil ontsag,
sonder voorgee of bravade.

Deur karwats en kronkelpaaie,
slaan en systap die lewe,
vurke in pad en om draaie,
moet ons net besluite neem,
dis die lewe se gegewe.

Maar as die aandster sag kom sê,
dit is wat die Skepper wil hê,
besef jy dit is so beskore,
al piets die lewe met al sy krag,
vir Hom is jy nog nie verlore.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hand
Ek kan maar net bevestig wat die voor my te se gehad het. Pragtig soos gewoonlik. Ek hou baie hiervan
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Kelkhand genade
Wat 'n beter wete kan mens jou indink? Pragtig!
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 17 ure oud


Kelkhand ...
Pragtige gedig Evelyn ... voel amper of mens dit in stille eerbiedigheid moet lees.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


genade
Ons is nooit verlore nie want God is net n gebed ver
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Kelkhand genade
Die Skepper se genade reën oor elkeen
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


Kelkhand
Pragtig geskryf! Dis waar , ons word deur die Pottebakker gevorm en gemaak na Sy wil en dis altyd die beste vir ons, Dankie tog vir sy wonderlike genade as ons soms die verkeerde keuses maak weens ongehoorsaamheid...
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


genade
Dis lieflik en kosbaar ek moes net 2x lees want dis sooo onsettend mooi. My gunsteling beslis. Baie dankie.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Genade
Dankie dat jy my weer daaraan herinner. 'n Mens vergeet so gou die genade wat hy aan jou uitdeel en ons moet annmekaar bewus gemaak word daarvan. Pragtige werk!
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud


Genade
. . . wonderlik om dit altyd te weet . . . of te onthou!
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud


Kelkhand
uitstekend pragtig!
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Kelkhand
Baie mooi! Soms voel dit of die lewe te veel piets!
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Kelkhand
'n Mooi gedig - hou van jou slot.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Kommentaar
"kniel sy kelkhand gekrom," - treffende beeld

Goed geskryf.
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


kelkhand
whau-en n amen
en n groot dankie
asem teug mooi
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


kelkhand
Ja, en juis deur toets, tug en loutering, kom ons tot volle blom!
Pragtige werk wat 'n boodskap uitdra!
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


kelkhand
briljante slot
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Kelkhand genade. . .
Dankie vir jou bemoedigende boodskappie. Dis alles gewis net genade!
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Z
Positiewe boodskap. Goed geskryf.
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar