Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met jou blink bruin ogies
jou lang dik bos haartjies
met jou skelm glimlaggie
en jou warm liggaampie

het jy hierdie Kersfees
diep in my hart kom kruip
vol liefde gelaat
week en sag gemaak

het jy my wese verower
my liefde gewen
in liggaam en gees
het jy my joune gemaak

hoe sal ek jou ooit
uit my wese kan kry
aan jou kan dink
sonder enige verlange

jy het hierdie Kersfees
jouself aan my
as geskenk geleen
vir ‘n paar dae

maar ek moes jou groet
jy moes weer gaan
terug na jou mamma
waar jy hoort

en ek moes agterbly
met net herinnerringe
van ‘n klein snippie
met lang hare en blink ogies
wat haar nessie kom skrop het
hier in haar Ouma se hart.
©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees
Dit is voorwaar Kersfees vir my elke keer as ek my kelintjies sien.
4 jaar 9 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


in ouma se hart
ai die kleitjies kruip darem maar diep in n ou se hart.
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


kersfees
Ouma wees is darem lekker met baie plesier
4 jaar 9 maande 1 week 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar