Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met jou blink bruin ogies
jou lang duk bos haartjies
met jou skelm glimlaggie
en jou warm liggaampie

het jy hierdie Kersfees
diep in my hart kom kruip
vol liefde galaat
week en sag gemaak

het jy my wese verower
my liefde gewen
in liggaam en gees
het jy my joune gemaak

hoe sal ek jou ooit
uit my wese kan kry
aan jou kan dink
sonder enige verlange

jy het hierdie Kersfees
jouself aan my
as geskenk geleen
vir ‘n paar dae

maar ek moes jou groet
jy moes weer gaan
terug na jou mamma
waar jy hoort

en ek moes agterbly
met net herrinneringe
van ‘n klein snippie
met lang hare en blink ogies
wat haar nessie kom skrop het
hier in haar Ouma se hart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees liefde
dis mos net n ouma wat sulke hartswoorde so mooi kan neerpen!!!
4 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


Ouma
. . . dis lieflike ouma-liefde!
4 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 3 ure oud


Mooi!
Thys du Plessis het op 'n keer hier op WOES gesê mens verlang na jou kinders, maar treur oor jou kleinkinders.
6 jaar 3 maande 5 dae 2 ure oud


--
Ai toggie ouma .. (( H U G S ) )

Hierdie gedig is presies hoe ek ook voel .. hulle skrop nessies in 'n ouma se menswees. Jy het dit so, so mooi vasgepen Ans!
6 jaar 3 maande 6 dae 15 ure oud


liefde
daar is niks wat by n ouma-liefde kom nie.. hulle maak mens se hart so propvol dat mens amoer nie woorde het nie.. pragtig neergepen vriendin
6 jaar 3 maande 6 dae 20 ure oud


Liefde
Ai Ans, hulle het mos die gawe om hul eie spesiale plekkie in 'n Ouma, en ook die Oupa se harte te kom oop krap. Ons oudste twee uit die Kaap is al 15 en 13, maar weereens het hulle hierdie Kerstyd hul plekkies kom oop skrop.
Gelukkig hou die aangename herinneringe en onthou mens aan die gang tot volgende keer.
6 jaar 3 maande 1 week 6 ure oud


Kersfees Liefde
So word ´n mens ook gekroon met sulke vreugdesbondeltjies
6 jaar 3 maande 1 week 7 ure oud


Om ouma te wees
Wonderlik om Ouma te wees vriendin. Die ou goedjies klou so aan jou hart vas!
6 jaar 3 maande 1 week 11 ure oud


pragtig
Baie mooi verwoord.Kan sien ouma se engel
6 jaar 3 maande 1 week 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar