Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hart wals met ‘n draai
verby Walvisbaai
kuslangs, duinlangs, padlangs
duinsand padlangs swaai

Vissermanne staan bankvas seerand
nuwe jaar vangsie vir Oujaars braai aand
Namib duine trotseer jaagduiwels
quad bikes en vele ander euwels
stoei jaagend voordat Oujaar buit
frustrasies teen duine se berge uit

Grasieuse toeris kameel ritte uit duine land
slang tydloos statig deur woestyn sand
al skommelende kameel karavaan
vanuit land van maan en duin rand

Winkelvensters vol Afrika toeris aanbiedings
mense drentel in en uit met bedienings
beste plaaslike Duitse talent
Namib geslypte edelstene
juweliersware spoggende goudsmede
Swakop vuurtoring baken van bestaan

Martin Luther wat tydsaam vergaan
vader tyd plek... plek Swakop stil gaan staan
wals in by Swakopmund Brauhaus
eisbein, spätzle, sauerkraut

genoeg fass beer und ich spreche Deutsch
maag is vol broek se belt maak outch

By mole gaan visbote in en uit
laaste vissie Oujaar aankeer met skuit
gaan sit by Cafe Anton fur kuchen
kafe und schwartswalder aus dem küche

schweineohren och is ek geseënd
jawohl ich wa im Swakopmund jaareind

hart daar gans verloor
tot volgende keer daar gestoor
in Namib sand begrawe
tot hartstem weer hoor

# kuchen = swartwoud koek
# aus dem küche = uit die kombuis

# schweineohren = Duitse koekies wat soos varkore gedraai word.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees
Dit was nou n heerlike toer saam met jou
3 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


KERSFEES OP SWAKOPMUND.
Wat 'n heerlike feestoertjie geskilder in jou lieflingswêreld,te pragtig. En dis te verstane dat die hart agterbly vir 'n opvolgkeer,want jy vertel so magies... Intussen mooi bly en voorspoed vir die nuwe jaar!
3 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud


Schwartzwalder Kuch!
Sjoe, nou verlang ek éérs!!! Daardie swartwoudkersiekoek en die varkoortjies in Café Anton en sommer alles wat jy hier opnoem . . .
3 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Alles-in-een-toerustingspakket

    deur Christo Nel

    Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar