Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van waar ek sit en staan
bespiet ek wie kom en gaan
vanaf Sarah se Gat die oseaan

Toeriste bote kom gaan
maak op see ‘n witte baan
kom en gaan kom en gaan
seevoëls, flamink, pelikaan
borrels die robbie kry ‘n breekie
saam met seewater reukie
sardientjies is gevoer
toeriste harte omroer

See, mense, diere mekaar ‘n verband
pelikaan platvoet waterski land
flamink sweef grasieus
pelikaan die water reus
is mensmak eet uit hand
hul klief deur lug dan perfekte duik land


Klotsende see liriek
gemeng met musiek
warrelende nuwe jolyt
musiek uit vergange tyd
spoel deur waterfront seelug
Sarah se Gat op die houtbrug

Onder The Venue sambrele
spreek tale oor wêreld dele
hier toeriste van ver vergaar
saam vreetsaam geskaar     
bekendes, vreemdes onbekend
kraanbier vloei sonder end... end...
drinkinde vreemde wêreld groepies
saam drink ons vriendelike sopies

Eet waterfront Venue kalamari
kreefsterte kry jy nie klaarie
en ooo die nagereg
laat tong knoppies terg

musiek
      praat in
almal
      se taal
selfs seevoëls geniet aand musiek
wieg op en af op maat van orkes liriek



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Walvisbaai
Dankie baie vir ons Suid-Wes toer
3 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Walvisbaai
Ek sou wat wou gee om nou ook daar te kon wees ~ al hierdie dinge te beleef!
3 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud



Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar