Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die liggies aan my kersboom
flikker pienk, oranje, geel
en hierdie helder kleurspel
sou ek so graag met jou wou deel

dis soos sterretjies wat skitter
ook in pers en groen en rooi
en daar's 'n engel aan die bopunt
in goud en silwerwit getooi

hoe vonk'lend vonkel vonkelblou
die kleur waarvan jy meeste hou

(hier sing Celtic Woman 'Stille nag'
en Koos Dup 'Somerkersfees' sag)

*

in die hoogste hemel hang ook sterre
meer is hul as korrels sand
en kom jy huis toe hierdie Kersfees
sal elke liewe liggie
tot in ewigheid bly brand



C. Shaw
22 Desember 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

liggies
Elke huis vertel met sy kersboom, 'n eie verhaal.

Vir jou ook 'n geseende Christus-gety, Carma!
3 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud


Kersfees se liggies
Pragtig.
3 jaar 10 maande 1 dag 15 ure oud


Kersfees
Baie dankie vir die deel hiervan. Dit pluk aan die hartsnare want wie verlang nie na iemand of sien uit na die koms van iemand tydens hierdie feestyd nie? So mooi geskryf.
3 jaar 10 maande 2 dae 15 ure oud


Liggies
Aijajai dis so pluk-aan-my-hart gedig hierdie. Dit wil my laat hoop daai persoon moet kom en aan die anderkant voel ek so hopeloos , want dis asof ek nou al weet...dit gaan nie gebeur nie!

Pragtig!!
3 jaar 10 maande 3 dae 8 ure oud


Kersfees
Pragtige skrywe. Geseende kersfees vir jou!
3 jaar 10 maande 3 dae 18 ure oud


kersfees se liggies
dis sielsmooi
3 jaar 10 maande 5 dae 13 ure oud


kersfees
Vir jou en jou mense ook n geseënde Kersfees Carma
3 jaar 10 maande 5 dae 23 ure oud


:-)
Mooi gedig.
3 jaar 10 maande 6 dae 12 ure oud


Kersfees se liggies


Maar weer net 'n bederf met 'n puik hartstukkie. BAIE DANKIE.
3 jaar 10 maande 6 dae 15 ure oud


Liggies
Hierdie laat my nou sommer verlang na... ek weet self nie wat nie.
'n Baie geseende kerstyd vir jou en jou gesin.
3 jaar 10 maande 6 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
ek hoop nie dit was jou swanesang vir 2015 nie..

hierdie is net...awesome:
vonk'lend vonkel vonkelblou
3 jaar 10 maande 6 dae 17 ure oud


Liggies . . .
PRAGTIG!Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin ook.

Ek is juis ook nou besig om oor die liggies te skryf . . . hoop ek kan dit môre plaas.
3 jaar 10 maande 6 dae 20 ure oud


KERSFEES
Hiermee wens ek ieder en elk 'n BAIE, BAIE geseënde Christusfees toe. Geniet dit :-)
3 jaar 10 maande 6 dae 20 ure oud



tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar