Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis Kersfees en ek sien ons boompie se prag,
In gees is ek by jou en het vir jou ‘n geskenkie so sag ...
Onthou my vandag met liefde, nie met trane
dink aan ons sáámwees, al die gelukkige jare.
Toe ek siek was, was jy gedurig aan my sy,
Teen jou vrese en trane het jy so hard baklei ...
Ek weet jy was hartseer en wou die beste vir my hê
Maar God het besluit die hemel is waar ek nie meer in lyding sou lê.
Die trane sal mettertyd nie meer so intens en pynvol wees
want ek wil hê jy moet ons liefde koester, dit wat ons steeds deel in gees,
God het my vrygemaak, gesond is ek nou
en dis hoe ek graag wil hê jý moet my onthou ...
Ek is by jou vanaand, elke dag en daarna,
Jy bly my kind en ek bly jou ma ...

Opgedra aan Theresa (2011)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar