Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My gedagtes gooi vandag duim
terug Oos-Vrystaat toe
na waar ‘n jong liefde
gesedimenteerd in sandsteen lê

pienk kleef hierdie blomseisoen
steeds aan my onthou
voordat die lewe se GPS
sý liefdeskoördinate van
leuens en verraad op ons
elkeen se pad kom plot het

ek vergader weer jou woorde
soos koringare in ‘n gerf,
soek net één ligblou trui op die
rugbyveld terwyl my oë
tussen gillende kinders
jou kapteinskap van my hart
uitkreet

somertye langs die dorpswembad:
vreugde in ons saamwees… stilwees…
gulheid in ons lag -
onskuld in ons sê wanneer
ons hande vashou en blink
gesmeer langs mekaar lê

maar saans op ‘n tuinbankie
langs die koshuis met
hande en tone wat wil verkluim,
is net die Imperani ‘n stil getuie
van hóé graag drome en begeertes
die Maluti’s wil oorsteek.

My vingers vleg vir jou
‘n kersiebloeiselkroon
vir soveel beloftes wat
ek uit jou boord kon oes.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

O
Ja Ficksburg se blou truie ne, ek onthou goed...maar dit ter syde, pragtige liefdes gedig die storie van 'n storie, bly ek het dit kom lees
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Kersiebloeisel
Aangrypende gedig. Vol heimwee en diepmooi herinneringe. PUIK!!!
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud


goud
Nostalgiese herinneringe is goud werd... ek hou van die een.
6 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


mooi
Baie mooi vir my!
6 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Kersiebloeisel-beloftes
Die beloftes van lank terug bring soveel herhinneringe ook saam op mens se pad, en vir n oomblik kan mens daaraan vat, net vir n kort oomblik voel dit so werklik soos vandag. Mooi gedig.
6 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Kersiebloeisel-beloftes
Rooipawer kan speel met woorde laat my benoud ek voel soos klawer in pak later.
6 jaar 8 maande 4 weke 11 ure oud


Kersiebloeisel
Hierdie Werk LEEF!
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud


kersiebloeisel
Iets geneem en iets ontvang. Baie mooi.
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Ano
Kersiebloeisel
Die lekker van lank gelede se onthou.
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Nostalgies
Ek dink jou gedig raak 'n snaar in elkeen van ons wat jeugliefde in al sy nuanses ervaar het. Jy het 'n ou en deurwinterde procédé 'n nuwe en klinkende etiket gegee. Die boeiende emosionele perspektiewe wat jy soos 'n nagedagtenis aanbied, word nie maklik ingerem deur gelate spitsvondighede soos dié van Milton in sy Samson Agonistes:-
'I must not quarrel with the will
of highest dispensation, which herein
haply had ends above my reach to know...'
6 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Kersiebloeisel
Die beelde is regtig mooi! Jy het geslaag om,wat'n baie sentimentele tema is, met 'n glimlag in jou hart, oopgegooi vir almal om te geniet.

Uitstekend !
6 jaar 9 maande oud


Beloftes

Nostalgiese inhoud waarmee ek as leser kan identifiseer, met uitstekende woordgebruik, netjies aangebied. 'n Treffer!
6 jaar 9 maande 5 ure oud


Mooi geskryf
Hierdie is sommer net pragtig. Mens wil nie ophou lees aan 'n liefdesverhaal waarvan die einde nog nie bekend is nie.
6 jaar 9 maande 9 ure oud


***
Die jeugliefde pragtig uitgebeeld....! Baie goed gedoen!
6 jaar 9 maande 9 ure oud


***
Hierdie vers maak regtig die verre verlede [in my geval] wakker. Jy het dit regtig mooi gedoen, dankie RP.
6 jaar 9 maande 10 ure oud


Bloeisel
Ek was baie jare gelede op 'n kersieplaas in Ficksburg...dit sal altyd een van die mooiste dinge wees wat ek al gesien het....jou vingers vleg 'n pragtige kroon en skryf 'n lieflike vers...goeie werk
6 jaar 9 maande 11 ure oud


beloftes
Ek lees baie gedigte hier op woes en almal is van hoë gehalte, puik, maar hierdie geidg is een van die bestes wat ek in 'n lang tyd gelees het. Dit het my aangegryp, en selfs my geheu terug gevat jare en jare weg van hier. Mooi Rooipapawer.
6 jaar 9 maande 11 ure oud


Kersiebloeisel
'n Pragtige stukkie werk.
6 jaar 9 maande 11 ure oud


jy laat my
Na die Vrystaat verlang!

-=P=-
6 jaar 9 maande 12 ure oud


beloftes
Jy het jouself oortref hier. Een van jou bestes. Mooi neergepen.
6 jaar 9 maande 14 ure oud


***
Oeeeee!!!! Ek lief hierdie gedig!!! Dit is so so so goed gedoen, liewe vriendin!! Jy mag trots wees!!
6 jaar 9 maande 14 ure oud


Jong liefde
Ook baie geluk van my kant af!

Met pragtige beeld gebruik,
neem jy my ook weer terug na my skoolliefde, korfbal, rugby, interhoer, pouse se op die vierkant gesels, die terugstap saam
met my huistoe na die skoolfliek, en dan die innige groet voor hy weer terug stap koshuis toe.

Skitterend, 10/10 vir die een!
6 jaar 9 maande 14 ure oud


Hmmmmm
Jy beskryf die jeugliefde baie mooi en akkuraat. Goeie beelde gebruik.
Goed gedoen
6 jaar 9 maande 14 ure oud


Jong liefde se beloftes
Ja die was die dae waar jong harte uitmekaar kon ontplof toe hartbreek hulle hulle kies vir ondervindings oefening!
6 jaar 9 maande 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sirkeldans

    deur Driekie Grobler

    'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar