Weergawe: 1
Aantal woorde: 281
Kere gelees: 343
Datum gepubliseer: 22 Dec 2010
met slaaptyd en by die deur
in skadu wag Klaasvakie op sy beurt
om die aardigheid en grille
te besweer met sand
uit die tower sakkie in sy hand.
Oggend tyd kom sit die trol
op die sandput rand en kyk
ken op die hand hoe hul speel
en sandkastele bou wat wankelrig
woonplek word van die reus
wat ’n prinses in die toring kamer
as kosbare kleinood gevange hou.
Met teken tyd wys hul bewerig
op die wit papier met kryt
hoe ma en pa gisteraand skree-praat
en hul twee kop onder die kombers
groot-oog in die donker lê.
Want die trol sit op die voetenent
sy oë twee kole in die nag.
By die hek van die kleuter skool
hurk ma by haar twee bloedjies
met hul sprokie-musse in die koue
en vertel van pa wat weg is
“en nou is ons alleen in die huis.”
Sien die tweetjies
hoe ’n droë blaar
op die voetpad roer
en die trol vir hul loer
uit sy skadu skuilplek.
Nou is dit eenmaal so dat kinders
glo dat storie-wesens waarlik leef
en hul sien dit met eie oë
in die uitstalvenster van ’n speelgoed winkel:
twee trolle beeldjies met knoetserige neuse
rooi-beaarde oë en groteske hande
soos kloue en ’n mond vol vergeelde tande
soos die wolf s’n op die storie-kanaal
gisteraand voor die televisie-stel.
Hulle glo nou met hul hele hart
soos in liewe Jesus-wat-oor-ons-waak
dat trolle skrikgoed is
wat nie net in drome
of in storie boeke woon nie
maar dreigend gluur
in elke storie-winkel venster
onder elke droë blaar
en in die huis se tranerige stiltes
as dit winter word.
Lees ander gedigte deur Frans van Zyl
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
(2013-05-22 01:00:00 - 2013-05-23 01:59:59 )
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

deur Christo Nel
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.