Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ons Vader wat reeds vir ons
plek berei het daar in U Hemelhuis

laat ek U Naam stel bo elke ander naam
bo die van my vriende
en sy wat my hart laat bons

mag u Koninkryk deur my uitgebrei word
deur wat ek sê en doen
laat my U getuie wees, vervul deur U Gees

help my om U wil onvoorwaardelik
te aanvaar al verstaan ek nie altyd u Plan

gee my vandag dit wat ek nodig het
ook dankbaarheid vir al die seëninge
onverdiend

vergeef my elke struikeling
en help my om sewentig maal sewe
ander te vergeef en sonder oordeel
U liefde te leef

bewaar my van die bose verleiding
wat my vlees oor my gees laat seëvier

verlos my van my bose eie wil
en hardkoppigheid
wat my my eie pad laat loop

want u is my Pappa
van U kom my hulp vandaan
vandag, more en tot in ewigheid

as U tienerkind, mag ek U daagliks
naby my vind
my Heil, my Krag
op wie ek vertrou elke dag

Amen





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar