Gedigte

Titel: Kinders
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag se kinders is nie meer soos in ons tyd nie .

So ‘n wyle of wat gelede besluit die jongste sy jeuke het nou genoeg gejeuk . Pa en Ma dink dit het al helemal te veel gejeuk , maar wat weet ou mense nou . Die jongetjie trek toe vir hom so ‘n ou lekseltjie nader en na so gelek hier en gelek daar in die skelm , besluit hulle dis tyd vir huis opsit . Vir Pa en Ma word gese dis glo om finasieele redes , maar gister was lankal terug en Pa weet , die enigste finansies wat saak maak dreig om uit te hang .
In ons dae het huisopsit ‘n sekere ritueel gehad . Eers het die jongetjie die lekseltjie so skelm – skelm beloer en sy het so onder die ooglede terug geloer .Dan het die “ leer mekaar ken” gevolg , dan ouers ontmoet en opsit waar haar Pa julle kan sien en hoor en dan het julle nog gepraat , nooit net by praat gebly nie maar ons was fatsoenlik , ons is immers kerk mense . Dan gekonfedereer , somme gemaak en sulke ding . Na konfederasie en beraadslaging is die jongetjie dan vrywilliglik ( nie as gevolg van die vry nie , dalk tog wel ) afgevaardig om die lekseltjie se Pa te vra vir ‘n oudiensie . In meeste gevalle was die oudiensie en die tyd wat dit voorafgegaan het erg skawend op die nerwe . Wanneer die dag aanbreek en jy staan alleen voor daai voordeur , kompleet soos die poorte van die hiernamaals , klop jy eers so saffies , want niks mag die ou fossiel ontstel nie . Maak nie saak of julle voor die tyd dik tjomme was nie , maar as dit so gebeur dat een man deur ‘n ander en hopelik veel jonger man om die hand van sy dogtertjie gevra word , dan is drinke broers vergete en staan ons maar almal bewend voor die poorte .

Maar dis moderne tye en huis opsit beteken dat een of albei die ouerpare genader word , gewoonlik op hulle eie , nie saam nie want dan het die jongetjies nie “ bargaining power “nie . Nee , hulle betrek eers die een onskuldige paartjie en vertel in die beste taalgebruik wat hy en sy nog ooit gebesig het , dat hy nou sy eiertjies in haar nessie wil loop gooi , maar aai die geld . Pa wil eers weet hoeveel , maar Ma , pik ‘n traantjie weg , want jongetjie los sy losbandige wee en drink nou by een poeletjie . Met Ma se hulp behaal hulle die oorwinning en beloof Pa baie teesinnig dan hulp al beteken dit , hy moet weer die bankbestuurder se voete loop soen .
Met die beloofde hulp pakket , word die anner ouers dan betrek en dieselfde ritueel volg . Hier is die reaksie van die ouers dalk bietjie anders , want Pa se dogtertjie moet mooi na gekyk word en Ma is half tot ernstig bekommerd oor die slegte invloed wat so ‘n saam gestoeiery op haar naam gaan he , maar stem in na Pa haar oorreed het .
So stap Jongetjie en sy Lekseltjie uit met groot geld , sonder om eers ‘n vinger te verroer , iets anders gaan en het wel geroer , maar dit daar gelaat .
Die tweetjies soek dan huis , hopelik binne die gesamentlike begroting . Met die hulp pakkette uit twee oorde is daar dan ook genoeg geld om die nodige nektar en eet dingetjie aan te skaf vir die groot “Dak nat maak .”
Maar dis nie die einde van die hulpverlening nie , nee, aansoek om hulp word verder gevoer , maar hierdie keer word daar op die empatie en ydel van die Ma’s gespeel . Ma sal en kan nie toelaat dat hulle op die grond slaap nie en dalk gebeur dit net dat iemand kom kuier en daar is geen plek om te sit nie , Ma sal dit nooit oorleef as haar hogere vriedinne dit moet hoor nie .
Dus , met die dag van “Natmaak” is die huur betaal , die huis is gemeubileer en daar is genoeg nektar en kos vir die gode . Gewoonlik skitter die Pa’s en Ma’s in hulle afwesigheid , want die uitnodiging het in die pos verlore geraak .

So begin Jongetjie en sy Lekseltjie hulle eie paadjie loop le . Jongetjie het by Pa van Jongetjie en Pa van Lekseltjie ‘n goeie afranseling gekry oor die ontydige jeukerigheid en dat daar nie meer is , waar die wat alreeds uitgegee is , vandaan gekom het nie , dit is en was die enigste . Dus le Jongetjie lag , vernaam by sy ouers , want by Lekseltjie se ouers kan hy nog op Ma van Lekseltjie se gevoelens speel en dan gee sy so agteraf so ‘n ietsie vir hulle . Maar Jongetjie se Ma verlang en sy nooi Jongetjie en Leksetjie vir ete . Na ete en kuier maak jongetjie se Pa soos wat hy by sy Pa geleer het en gaan le so bietjie skuins. Jongetjie is nie dom nie en kapitaliseer op die ouman se gewoontetjie , hy skimp so subtiel by Ma want hy weet , o ja , hy weet . Ma is Ma en sy gee , alhoewel nie in oorvloed nie , maar sy gee soos daai weduwee in die Gelykenis , haar laaste pennings , die doel nie dieselfde nie , maar sy is Ma .

Na ‘n ruk staan Pa op en vinnig maak Jongetjie verskoning , die pad is lank en die son trek water . Hulle groet , maar hy weet Pa weet en Pa weet , hy weet . Ma daarenteen bly tjoepstil en dra die geheim in haar hart rond , sy voel goed want sy had haar kind gehelp .

Jongetjie en Leksetjie bly weg , kuier wel gereeld by haar ouers . En aand lui die foon en Ma van Jongetjie antwoord , tog te bly Jongetjie het gebel . Na die oor en weer gegroetery vra Jongetjie dat Ma die foon op luidspreker sit , sodat Pa ook kan hoor en gesels .
Jongetjie breek die nuus : Lekseltjie het ‘n broodjie in die oond . Ma gil so hard Pa is nou nog effe doof in die een oor . Pa grinnik en se “ Sy lus moes ons laat knip het saam met die voorvelletjie .”
Vir dae , weke en maande loop Ma op die wolke, sy straal soos ‘n vuurvliegie in ‘n stikdonker nag . Ma vertel vir almal , ook vir Pa wat die storie al tot vervelens toe gehoor het .
Aan Leksetjie se kant had dit blykbaar nie so voorspoedig gegaan nie . Haar Pa is meer bekommerd oor wat sy vrinne sal se as haar Ma oor haar vriendinne .
Jongetjie is egter mooi groot gemaak en hy staan sy man , hy vra of hy met Lekseltjie kan trou en na baie vloeke en dreigemente van haar Pa af , word die reelings getref.

Ma van Jongetjie is ‘n vrou wat haar vat ken , as sy ‘n ding doen word dit behoorlik gedoen . Sy maak altyd lysies en selfs vakansies word weke , nee wag maande , voor uit beplan . So maak sy weer lysies , elke keer as sy aan iets dink word dit neer geskryf . Op ‘ n dag is die lysie lank en volledig en met ‘n gloed in die hart , stuur sy die lysie vir Lekseltjie, met ‘n notatjie wat lees” Net ‘n lysie om julle te herinner wat gedoen moet word , ek weet mens dink nie altyd aan alles nie ”.

Die onskuldige lysie en boodskappie word toe deur Lekseltjie as ‘n oorlogs verklaring gesien en net daar , begin sy haar ware innerlike wys .
Weg is die glimlaggies en goeie maniere en uit die dop klim ‘n grynsende kwylende monster . Onmiddelik laat sy Jongetjie se Ma weet dat hulle nie haar raad benodig of waardeer nie . Haar insette sal nie verduur word nie want sy wat Lekseltjie is sal haar troue reel soos wat sy wil .

Jongetjie se Ma is ontsteld want sy wou nie inmeng nie , sy gaan huil op Pa se skouer en Pa troos maar hy raak boos. Niemand praat so met sy vrou nie , allermins nie ‘n klein snotkop Lekseltjie nie . Pa wil oorgaan tot aksie , maar Ma keer , want sy dink aan haar kind .

Met die dag van die troue is Ma en Pa aanmekaar , want Ma wil gaan kyk wat daar aangaan en Pa se , hulle moet in hulle eie sous versmoor .
Die troue is toe deur Lekseltjie en haar Ma gereel , met haar swaer as kiekie nemer . Aan jongetjie se kant was daar darem vergunning gemaak vir die preek en lisenssie skyfie se uitskryf. Dis ook al wat goed verloop het , die hele troue deur .

Die troue is verby . Jongetjie se Pa en Ma hou hulle neuse skoon , wat Leksetjie se Pa en Ma doen wis hulle nie .
Jongetjie en sy lekseltjie gaan aan waar hulle opgehou het , maar met die nodige liksens skyfie .

lekseltjie word met ‘n klein letter geskryf want Pa van Jongetjie het vir haar wat leksetjie is gedemote omdat sy so lelik met Ma van Jongetjie is .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar