Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

JER 9

Wat gister en eeue terug relevant was is vandag nog steeds relevant, of wat dink julle?

sing ‘n klaaglied sonder hoop
dat trane uit oë loop

my kop is vol water
oë ‘n fontein van trane
ek huil oor onse land se mense
wil sommer Namib woestyn toe trek

sing ‘n klaaglied sonder hoop
dat trane uit oë loop

mense is ontrou lieg en bedrieg
skrou woorde wat tref soos pyle
mens se bedrog het oorhand
in onse pragtige land
dit gaan van kwaad tot erger

sing ‘n klaaglied sonder hoop
dat trane uit oë loop

kan nie vriende vertrou
hulle is kwaadstokers
broers is onderkruipers
praat met mekaar asof niks is verkeerd
maar beplan mekaar se ondergang

sing ‘n klaaglied sonder hoop
dat trane uit oë loop

ons woonplekke word plat geveeg
om plek te maak vir jakkalse
ons sal wildeals kou
gif water drink
lyke sal val soos gerwe
soos hopies mis bly lê

sing ‘n klaaglied sonder hoop
dat trane uit oë loop

dood sal by vensters inklim
in ons mooi huise inkom
ons kinders uitroei op strate
jongmense op pleine

God sit ons deur ‘n smeltkroes

Sing ‘n klaaglied ons is sonder hoop
dat trane uit oë loop



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

KLAAGLIED - KOP VOL WATER


Ja, ons ou Volkie gaan beslis deur die smeltkroes. Hoop maar net dat 'n lootjie sal oorbly om te bot en beter vrugte sal dra....
4 jaar 5 dae 9 ure oud


Klaaglied
So herhaal die geskiedenis maar weer en weer.. puik gepen
4 jaar 6 dae 6 ure oud


klaaglied
Baie waar. Tye het verander
4 jaar 6 dae 15 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar