Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende





Skemertes het hy veldskoenklap
-sagspelend op sy blikghitaar-
diep heimwee in my oop kom krap
met drie-noot-lied en singend'snaar.

Passeerdejaar gehoor hy's dood,
deur 'n dopsteker doodgery;
sy vrou rou: “Wie gaan sorg vir brood
en hoe gaan ek sy kroos grootkry?”

Die skemertes bly veldskoenklap
as aandwind speel op blaarkitaar.
En meer nog bly die heimwee krap
oor stiltes van 'n drie-noot-snaar...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

klaarstroom
nostalgies mooi neergepen.. hou baie hiervan!!
6 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 13 ure oud


die weervoorspelling
Mooi sag gepen.
Kyk net:ghitaar.
6 jaar 2 maande 12 ure oud


***
Hier dig jy so reg in my speelveld! Mooi man!
6 jaar 2 maande 1 dag 14 ure oud


Klaarstroom
Dis so asof ek op n stoep sit en jou gedig beleef, ek is mal hieroor, dis lieflik
6 jaar 2 maande 1 dag 17 ure oud


---

-sagspelend op sy blikghitaar-
met drie-noot-lied en singend'snaar.

as aandwind speel op blikkitaar,
oor stiltes van sy drie-noot-snaar! * Vreemd dat hierdie gedig my aan C J Langenhoven laat dink? Dalk die woord Klaarstroom? Jou gedig laat my 'n vreemde gevoel van heimwee beleef.
6 jaar 2 maande 2 dae 12 ure oud


Kaarstroom . . .
En
Dit is nou klassiek
Met snaar en blik
Die soetste musiek

Hierdie een is spesiaal
en
prentjie duidelik
en
hoendervleis werklik

Mooi man!
6 jaar 2 maande 2 dae 13 ure oud



Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar