Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

is dit met my wat jy praat
of is iemand anders daar
nee, dis net jy of stilte vir my
in woord-wêreld waar ons bootjie vaar

kan ek dalk my gedagtes
eenmaal op skrif sit weer
maar dan moet ek eers so
lank soos jy kan konsenstreer

die gedagtes is in stukke
wat my hele kop omvou
maar jy sal met my kan toor
met daardie kop van jou

jou kop is Pandora se envy
ou dromer, met oogvensters dig
maar jou mondhoeke verklap tog
dat jy snap waarom ons hier is

in jou oop ruimte, vir jou bespreek
daar waar jy speel en lag
is klanke oorbodig, geluk oneindig
daar sal ek vir jou wag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Klanke
Gee jy my sommer hoendervleis.

Dis awesomely mooi!!
8 jaar 7 maande 2 weke 17 ure oud


=)
ja nee die klank is oorboodig in die pragstuk..
8 jaar 7 maande 2 weke 19 ure oud


Klanke...
Definitief oorbodig...puik verwoord!
8 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Pen hom vas met 'n "camcorder" dan kan jy hom minstens dophou!
10 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 17 ure oud


klanke oorbodig
ongelooflik mooi verwoord !!!!
10 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 16 ure oud


'is klanke oorbodig, geluk oneindig
daar sal ek vir jou wag'
PRAGTIG!
10 jaar 1 maand 3 weke 15 ure oud



Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar