vat my weg na die Limbo land.
Vat my hand en lei my
deur die grys vallei.
Lei my na die skaduland
anderkant die spieëltjie-deur.
Vat my deur die waterpoel
van diep en donker denke,
die rustige poel
van helende louwarm wegraak
in die grys van Limboland.
Vat my deur die deur
van half-onthou
en half-ontdek.
Vat my na daardie onmisbare,
ondefinieërbare plek..
Om so 'n bietjie te droom,
'n ding of twee
in my gedagtes te formuleer...
Daar in die limbo-land
tussen slaap en wakker.
Waar drome met woorde dans,
die denke los rondloop,
in die bondel vry
en die vrugbare aarde
met nuwe idees bestuif.
Ongebonde deur reëls
van die fisiese bestaan,
reële feite en vooroordele.
Miskien,
net miskien kom daar
'n sinvolle poging na vore
uit die skemerdans
van gedagtes met geleentheid.
Die kombinasie van behoefte
en geleentheid kan miskien
in 'n virtueële kombinasie ontaard...
Laat my in die diep droompoel induik,
die korale van my brein deursoek,
die gekleurde vissies
van my verbeelding ontdek...
Dalk is daar nog iets oor,
iets wat nie net
hormoongedrewe is nie,
want keer op keer,
moet ek myself keer
om nie weer
net in die groef te verval
van die dwelm van verlang,
van die drank van behoefte
en drange te verdrink nie...
Om nie die gedagte-ekstase
van warm vel op te roep,
in te snuif
en in my herinneringe te versmoor nie....
Klaas Vakie vat my weg.
Lees ander gedigte deur Woordverwerker
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Ano
HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.