Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gister was sy alles
môre net ń niks
van die glimlag in sy oë
na waar hartseer vurig rus.

Hy het gevat wat hy wou hê
haar menswees en haar hart
voor sy voete neergelê
om in barre aarde in te trap

Deemoedig soos ń slaaf
het sy gegee waarvoor hy vra
Die gat haarself gegraaf
waarheen sy haar dooie siel moes dra.

ń Basterhart het haar verraai
terwyl hare suiwer was
Haar lewenslus ook afgemaai...
in doodsgreep in maak pas.

In die donker doolhof
van hul euforiese verlede
krap sy in haar galstene rond
'wyl sy lewenslig verhelder
soos hy geluk en ware liefde
op verganklikheid
van aardse skatte grond.

Soos sy hartverslete
haar oë, weer na die sterre rig
gryp sy die stukkies vonkels van haarself..
as sy toekyk hoe hy verbete
in dowwe skynsels van sy pseudolig
na vals geluk en klatergoud bly delf...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
sterk bewoord.
goeie beelde ...
genoeg oorspronklikheid.
goeie werk.
4 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


Klatergoud
Wow! Dit is 'n pragtige gedig waarmee baie van ons ons mee kan vereenselwig.
4 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Klatergoud vir sy basterhart
Wow.
"Gister was sy alles
môre net ń niks"
Treffend.
4 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Klatergoud vir sy basterhart
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KONTRAS projek.
4 jaar 2 maande 4 weke 14 ure oud


Z
Wat 'n uitstekende gedig!! Ek hou veral van jou aanvangs strofe. Dit het my in die gedig ingetrek. En dan die briljante slot!!
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Basterhart
Ek mag dit seker nie hier se nie, maar sulke bastar.. vetrap en speel altyd met die onskuldige liefde van jong meisies.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Tragies
En dit gebeur weer en weer en nog 'n keer. Boodskap is duidelik maar ek dink minder onnodige woorde kon die treffendheid nog meer versterk het. (My beskeie mening)!
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


Klatergoud . . .
Hoevele vroue trap nie in hierdie gat nie? En hoekom????
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar