Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Voor die klavier waar ek sit;
die klawers van die bord is net swart en wit

Hierop moet ek 'n musiekstuk speel;
akoorde om ‘n land en volk te heel

Ek speel eers al die wit klawers alleen;
iets kort om die wit akoorde te steun

Die swart klawers baklei met my;
waarom word hulle akoorde dan vermy?

Nou speel ek die swart en wit klawers almal saam;
die weg vir nuwe lied word gebaan

Die klawers stry en vat mekaar se noot;
gun nie mekaar 'n hoër noot

Swart klawers wil al die note van die liedjie kry;
wit klawers voel hul akoorde het in die slag gebly

Die nuwe lied klink nie reg;
daar is van die note weg...

Hoe moet ek die volk se nuwe lied nou speel;
met klawers wat mekaar se akoorde steel?

In my geestes oog sien ek die hemelorkes;
elke instument uniek van die res

Suiwer klanke vir die melodie;
alle akoorde smelt in harmonie

Die groot Derigent wat hul begelei;
sorg dat die note saam hul plek in ‘n nuwe lied kry!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

klawers van my klavier
absoluut puik gepen met n baie groot lewensles vir ons elkeen
5 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


klawers
Jou laaste reël vat alles mooi saam. Goeie woordgebruik.
5 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


KLAWERS VAN MY KLAVIER


Maar dan net as die wit en die swart klawers èwe Godswil gedrewe tril om waaragtig verby bekrompenheid of libarilisme mensvermeende'reg' te ruil vir net maar -sonder om die afwysdeel van die kruis te minag- tot God se behaag te laat jubel!
5 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar