Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

soos die open van die Papawer
in die oggend dou
soos die vlinder
nektar soekend
in die binne van jou

soos my liefde nestel
in die oggendvars
van jou gesiggie
net so groei jy al hoe vaster
en vaster binne my
en omsoom
die strale van jou laggie
en rek weer glad
die kreukels
van die ou hart
binne my.

2015/02/22



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kleine
n die oggend dou
soos die vlinder
nektar soekend
in die binne van jou
- MAl hier oor.
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


Kleine mensie
Dit is so, so mooi. Pragtig!
5 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


Kleine
Mal oor:
en rek weer glad
die kreukels
van die ou hart
binne my.

Dit maak sommer weer lewe die moeite werd! Pragtig Wolf!
5 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Ano
Mensie
Awh! Dis so dierbaar :-)))
5 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Kleine Mensie
Ek dink in meeste gevalle is die mans maar sag van hart. Baie mooi oupa vers. En oupas speel so belangrike rol.
5 jaar 11 maande 1 uur oud


Papawer . . .
dis seker die mooiste oupa-vers wat nog geskryf is! Waauw!
5 jaar 11 maande 5 ure oud


oupa
Dierbaar . . .klein kinnertjies is die beste :-)
5 jaar 11 maande 11 ure oud


die weervoorspelling
n Regte pragtige oupa-vers.....hoe smelt daai ou groot sagte hart.
5 jaar 11 maande 13 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar