Gedigte

Titel: Kleinkaroo
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Klein karoo, goeie môre my land.
Vir jou sal ek nooit kan verpand.
Deur wasige blou vaal berge omsoom.
Waar groei ‘n natuurlike bonzaai boom.
Gwarrie, boerboonboom en wildepruim.
Vetplante, sommige kleiner as my duim.
Dit gee plesier om die son te sien opkom.
Die wasigheid tussen koppies slaan my stom.
As ek kon verf sou ek dit op doek vaslê.
Ongelukkige ek, wat die gawe nie kan hê.
Geen kunstenaar kan dit so nadoen met verf.
Selfs ‘n prag foto sal die intensiteit bederf.
Daarom kan ek net na die pragtigheid staar.
Asof ek dit vir die eerste keer ervaar.
Dit is net die Skepper wat so kan verf.
‘n Prentjie so mooi, sonder bederf.

05/03/2009





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

klein karoo
saam met jou se ek `goeiemore my land` hoeveel maal het ek my siel kom verryk in onse `Klein Karoo` hy`t mos die gewoonte om homself tuis te maak onder die vel.. pragtig beskryf jy ons gedeelde liefde!
9 jaar 3 maande 2 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar