Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Saadjie word geplant
in elkeen se lewenskroon
deur God se liefdeshand
as ‘n kleintyd-droom.

Met jare ontwikkel
geslyp en geskoei
deur vasbyt en sukkel
gebeur niks sonder bloei.

Slegs aanhouer wen
tree vir tree vorentoe stap
laat ons verstaan en ken
hierdie ontwikkelingspad.

Dan breek aan die dag
dat ons droom realiseer
ons het lank gewag
moes soveel in proses leer.

In ons lewenskroon
word vas en stewig instand
‘n edelsteen geplant
as vervulling van kleintyd-droom.

(c) Driekie Grobler



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droom
Ja Driekie, oorle Chris Barnard het gesê mens moet elke môre iets hê om voor op te staan, selfs op jou oudag. So, jy moet 'n droom hê om uit te leef. Goed geskryf.
6 jaar 5 maande 6 dae 20 ure oud


droom
baie mooi
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae oud


Ano
Kleintyd
Kan net nie anders as om saam te stem dat ons elkeen met 'n droom gebore word nie. En sonder ophou daarna te reik tot dit bereik is.
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Kleintyd se droom
'n Mooi en positiewe boodskap.
6 jaar 5 maande 1 week 3 dae 16 ure oud



Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar