Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



vandag verorber die grou goddeloosheid
van ’n kleurlose dag ’n geboorte van hoop wat
ongeveer om 04h30 wortel geskiet het,

maar nou al verleppende in sy mond
saad skiet wanneer hy my
eenkant toe
stamp

twee jaar se vriendskap beteken
blykbaar niks

’n warboel van anargie wat sentreer
rondom teregstellings selfmoord verwerping skietery
die afkeur van ’n .223 deur die staat asook die
alewige gewonder oor wat agter
nuuskierige oë
skuil

ek kruip teen ongeveer
60 km/h deur die straat en onthou hoe ek
ook waaksaam my siel flenters
moes skeur vir die goedkoop
hoerkinders wat deur
gekraakte ruite
loer

terwyl hulle streepsakke vol
dagga in kleurlose plasse bloed
verberg




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hoerkinders
die beeld wat hier geskep word is uiters kragtig. Uitstekend
4 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


die weervoorspelling
powerful gepen.
4 jaar 5 maande 1 dag 4 ure oud


kleurlose plasse bloed
wow.. absoluut UITSTAANDE!!!

.. ek kruip teen ongeveer
60 km/h deur die straat en onthou hoe ek
ook waaksaam my siel flenters
moes skeur vir die goedkoop
hoerkinders wat deur
gekraakte ruite
loer

Treffend en puik gepen!!!
4 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


kleurlose
vandag verorber die grou goddeloosheid
van ’n kleurlose dag ’n geboorte van hoop

Hierdie is goed beskryf.
4 jaar 5 maande 2 dae oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar