Gedigte

Titel: klitsgras
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as die jaar weer einde se kant toe staan
en vele tienerharte beweeg die wêreld in
vol drome en ideale vir ‘n toekoms gesog
dis dan wat klitsgrasdeeltjies van my hart
hardnekkig aan elkeen vas gaan haak
op hul reis die grootmenswêreld binne

soos ‘n klein ratjie in hul lewensmasjien
het ek die Vader in hul lewens gedien

my opdrag het ek met passie uitgevoer
is hul vir die volgende lewenstrap gereed

Sy Plan vir hul deur Hom uitverkore
wat die toekoms inhou sal net Hy weet

my emosies beland in ‘n wisselstroom
ek gun hul sukses, moet aanbeweeg

word my hart so sonder mikrodeeltjies
deur hul saamgeneem nou vinnig kleiner

hoeveel so spesiaal moet my verlaat
voor ek sonder hart word agtergelaat

die jaarlikse migrasie ‘n pynlike realiteit
sorteer my hartseer gekrimpte hart dit uit

met nuwe lewe word my hart gevul
deur die Gees
sodat ek aan my roeping getrou,
gehoorsaam kan wees














Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar