Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het weer verby jou huis gery vandag...
Stadig; hoopvol dat ek dalk net ‘n greintjie van jou kan sien,
Maar ek was seker te laat
Die motorhuis was leeg, die hekke gesluit.

Ek het myself na die Koffiewinkel gesleep, ons gewone bestel:
‘n Kaas skon en koffie met ekstra room vir my,
‘n Ekstra muffin vir jou…
Musiek dans ligvoets in die agtergrond,
Messegoed kletter, terwyl die hele wêreld glimlag.
Alles is dieselfde; net jy is nie daar nie.

Ek loop die hele dag in sirkels,
Neem verkeerde afdraaie
Opad êrens, maar nêrens…
Staar in winkelvensters, aanskou niks…

Ek dompel kleingeld in die saksofonis se hoed;
Die een wat jy altyd van hou,
Hy kyk my aan met ‘n vraagteken:
“hoekom loop jy alleen vandag?”
Ek draai om op iemand se pluk-pluk aan my mou:
‘n Ou tannie wat hulp oor die pad soek-
Hoekom het niemand my oor my pad gehelp nie?

Ek doen inkopies vir Moeder, net om my gedagtes van jou af weg te rokkel,
Maar elke winkelrak wat ek die trollie deur beur… (sug)

…terug in wat ons-voorkamer-behoort-te-wees…
Skakel die televisie aan, gooi myself op die rusbank.
My dag is vol, dieselfde soos gister: leeg.

Hoop jou dag het beter gegaan as myne-
Jy met jou nuwe eienaar…

Van: ‘n hondjie-lose moeder….



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie Kalahrikind
hehehe! bly dit het 'n gedagte gelaat. paaaaar jaar gelede geskryf. Dankie vir jou mooi terugvoering.
Geniet jou talent!!! God bless
7 jaar 9 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Ai Abbey
nou het jy my gevang en ek moes weer van voor af lees! My hart is sommer baie seer saam met jou, regtig. Dankie vir 'n mooi skrywe.
7 jaar 9 maande 2 weke 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar