Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 125
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Oct 2015
Jy's weg
Net so
Gister nog daar en vandag die boodskap dat jy nou in die hemel sit
en hopelik vrede vind
en hopelik jouself vind
en hopelik 'n punt aan die einde van die spookverhaal kom sit het
Ek is kwaad vir jou
Jy skuld my nog antwoorde
Ek wou dat jy jou sê sê en my sê hoor
Ek is kwaad vir jou
Jy het my nie leer ken nie
en my nie die kans gegee om jou te leer ken nie
Tjoepstil
Fluit fluit
En die wrak is nou 'n ding in die museum van my verlede
Daar lê jou kombers
daar lê my matras
daar lê die ding
Lees ander gedigte deur Pottebakker
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Trixie
'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.