Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tjierie tjierie staal op staal
ń Windpomp
wat opgewonde draai
in die wind wat spottend maal
om koggelwolke aan te waai.

Die groot krokodil se water
is plek-plek leeggestroop
Hier waar hy nou stil
om sandbanke hinke-pink
het witwaters gister
in volle vloed geloop!

In die Vrystaat jaag die wind
stofstorms
oor dorre vlaktes aan
Vee vrek op strepe
in spore
wat na leë kuile gaan.

Sonneblomme
draai hul koppe skaam
van leë beloftes weg
Skaam vir die wind
en koggelwolke
wat sáám
teen die hoop na reën verseg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

!!!!
Perfek vasgevang!
Goed geskryf.
Die dinge lê na aan my hart.
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


DIE weervoorspelling
ek gaan waag..en dit oulik noem
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Koggelwolke
'n Goeie beskrywing van die droogte wat tans in die Vrystaat heers - hoop maar die koggelwolke word reënwolke.
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Koggelwolke
Baie goed geskryf!

Koggelwolke en jaloersbuie soos my pa altyd gesê het.
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Wolke
Ongelooflike gedig wat so baie se. Geestelik sowel as beestelik.
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar