Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom kyk die pad na onbekend,
die kronkelpad na nuutgesien,
die tweespoorpad deur tak en bos.
Kom voel die son,
kom ruik die blare,
gras en boom en bas.
Kom stap die pad,
kom kyk die kleinheid
en die grootsheid
van die rykheid in die ruigte.

Kom stap die spoor van luiperd
en van lam,
die paadjie van die veldmuis
en die rolspoor
van die miskruier se bal.

In sagte groen en ligte bruin
en hier en daar 'n stukkie blou,
daar sal jy vind wat wonders is:
'n skatkis wat jy ewig kan onthou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mediocris Modestus
Mediocris Modestus
kyk (en droom nie)
Wat ek dan eintlik wil sê: Mens kan nie 'n rooikat "per ongeluk" gaan soek met die uitsluitlike doel om die dier se einde te wil bewerkstellig, en dan, vir 'n 'oeeee' en 'aaaa' wil maak of jy 'n luiperd by jou lam toelaat nie. My alfabet spel dit h-y-p-o-c-r-i-s-y.
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Mediocris Modestus
Mediocris Modestus
kyk of droom?
Die plek kan nie jou plaas wees nie, daar is verseker nie luiperds nie (saam met 'n lam?). Droom lekker.
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Kom kyk
Al my punte !
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


kom kyk
hierdie is n woord skildery van die foto.. absoluut uitmuntend verwoord!!!
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


.
Ek hou van die beskrywing van die natuur hierin.
Dis asof ek dit kan voel en ruik en proe.

" die rykheid in die ruigte. "

.. .. .. baie goed gedoen.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
(en ekt juis gister gewonder wat van jou geword het!)
veral jou eerste twee reels is juwele.
mal oor jou slotstrofe.

Die hele vers in geheel doen dit vir my.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


foto 1
Dis sooo mooi beskrywing. Ja en mens sal dit eendag onthou, want vir hoe lank ons natuur nog so mooi staande gaan bly is n ander vraag.
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


kom kyk
Nou het ek heerlik saam met jou deur die bos geloop en na al die wonders gekyk, Wv. Ek dink hierdie is baie goeie bydrae tot die Foto 1 tema. Welgedaan
5 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud



Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar