Kom ons skiet vanaand
memory fakkels op
( ñ duisend voet hoog )
kom staan almal nader
kom ons kyk terug
bring jou piekniekkombers
bring jou gesin
bring jou geliefdes
en kom lê op jou rug .
Kom ons skiet vanaand
memory fakkels op
( ñ duisend voet hoog )
kom lê met jou kop
op jou skoot
kom lê en kyk op
kom kyk
hoe jou duisende gisters ontplof
in rooi en geel en groen en goud
in swart en in seer
in laagtepunte hoogtepunte
en vreugde liewe mevrou
beste meneer .
Kom ons skiet vanaand
memory fakkels op
( ñ duisend voet hoog )
Bring tissues vir jou trane
bring kameras vir jou smiles
bring aarbeie en room
vir jou wederhelfte
bring smarties jellytots
en pienk sweeties
vir die kinders
bring dankie-sê-kaartjies vir jou vriende
en ode-versies vir die natuur .
Kom ons skiet vanaand
memory fakkels op
( ñ duisend voet hoog )
bring jou grafie
dan begrawe ons sommer
die ‘scores’ wat jy
so particular hou .
Kom lê met jou kop
op jou skoot
kom lê en kyk op
kom kyk
hoe jou duisende gisters ontplof
in rooi en geel en groen en goud
in swart en in seer
in laagtepunte hoogtepunte
en vreugde liewe mevrou
beste meneer .
( 31/01/2015 08h42
** sien jou dan vanaand )