Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wonder bo wonder is die
kombuislig aan
muurteëls gee gehoor aan
die yskas se
meditatiewe
gesanik

miere spioeneer op my
ek voer my verkrummelde
denke aan hulle in
’n swart motgevrete gewaad

’n krusifiks in my een hand
in die ander ’n beker
tee wat te soet is

ryk is die dimensie tussen
lewe en dood:
die grys gebied van
behoeftige inhibisies
wat teen die harde
slag

van nog ’n
verlammende skok
waak




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kombuis
Voortreflike beskrywings hier gebruik.
4 jaar 7 maande 2 weke 2 ure oud


die weervoorspelling
nice.
like veral:
miere spioeneer op my
ek voer my verkrummelde
denke aan hulle in
’n swart motgevrete gewaad


verkrummelde was baie skerp.
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Kombuis
die middernag goggas wat mens so kan rondjaag!!! Soos Bets se.. gelukkig was die lig aan... Diep woorde wat jy baie goed gepen het!
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


kombuis
Gelukkig was die lig aan.
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar