Gedigte

Titel: kontrak
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

vandag gaan ons 'n papier kontrak teken
en die partye moet asb. op die volgende punte reken
met die oog op 'n eksklusiewe produksie reeks
sal vervaardinging daarvan geskiet regstreeks

die produk sal met 'n onderhouds waarborg kom
die termyn sal bepaal word deur 'n geldelike som
vervolgings die produksie se eie terme en skedulering
dit sal vrysgestel word met geen party se goedkeuring

geen derdeparty konsultasies
en ook geen leierskap abdikasies
daar bestaan absolute monopolieë
en geen kortermyn amnestieë

alle bates bly steeds persoonlike eiendom
in geval een party bankrot speel of omkom
en in geval van onophoudlike situasies
dan word voorgestel wetlike anneksasies

en alle roerend of onroerend kapitaalbates
sal deur die hof opgedeel word in (on)gelyke mates
en die kontrak word geteken met 'n goue band
.... gee mekaar die regterhand



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Aap
Dis nou wraggies onverbeterlik gestel / gedig ! Ekke het so amper stuipe gekry oor die trant van jou verse...jip....jy't mos gesien ek swot op my "ou-dag" en hier kom wals jy die tango (hoe ek voel oor my swottings) op die rug van my OB handboek, en om alles te kroon, is daai goue ring toe die kersie op die drie-verdieping-koek!! he,he,he
Ek hol steeds weg vir die verantwoordelikheid van trou, en jou kontrak-reels ruk bladsye van my handboek tot reg voor my gevreet...gelukkig...gelukkig sien ek toe ...dis voorwaar 'n puik stukkie werk van Aap (bedoel om my te laat smile),en ontspan ek die boude opslag!
Baie goed geskryf.
13 jaar 9 maande 3 weke 2 dae oud


Briljant! Dis al.
13 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar