Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons het mekaar maar min beleef,
geleidelik het ons na meer gestreef.
Skryf het vereers die siel gevoed,
maar kuiers moes gou daarvoor vergoed.

Eenkeer 'n week was genoeg gesien,
briewe kon my vir die res bedien,
maar die vuur in my hart het opgevlam,
passie begin vroegoggend op te dam.

Dae word langer voor ek jou ervaar,
hoe dit werk weet ek nie voorwaar.
Die klok is al skoon moedeloos bekyk,
die tyd kom nader na jou uit te reik.

Dan is jy daar; aan my sy te skaar,
vir my genoeg om in jou oë te staar,
Herhaald'lik te prewel ek het jou lief;
jou weerlig het snel my hart deurklief.

© CL
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'maar die vuur in my hart het opgevlam,
passie begin vroegoggend op te dam.'
'n baie romantiese vers m! Pragtig geskryf!
8 jaar 2 maande 2 dae 17 ure oud


pragtige liefdes-verse :-)
8 jaar 2 maande 2 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar