Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek haat die mislikheid van Mei
somer het oplaas vervaag
en vergly

hoëveld ruik die winter
warmte verdroog, vergeel
en versplinter

grasveld lê skuins in die wind
moeg gewaai, laag geswaai
en struikelend 

net die lente wat veraf wink
laat my deur my drome draai
en versink.

© C. Potgieter 2013-03-18



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
'n Gedig wat die leser of kan deurtrek na sy persoonlike lewe. Waar hy homself nou in die winter bevind, maar die lente vir hom wink omdat hy die dinge agter hom kon sit. Of na die natuur waar die seisoene werklik wissel en die vooruitsig van die lente nie te ver in die toekoms is nie.
Goed gedoen.
6 jaar 11 maande 1 dag 21 ure oud


Koue Seisoen
Puik verwoord absoluut beskrywend en dan die uitstrek na die Lenten wat weer kom baie mooi Charmain
6 jaar 11 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


*
Puik!
6 jaar 11 maande 1 week 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar