Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 2
Aantal woorde: 121
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 22 Sep 2010
die ou huis sit die tyd
se antwoorde in verweerde
stene ontbloot van brokkel-pleister
wat ingee onder die kreune
en die aanslag van die eeue se marteling.
In een van die skeure in die
hoek is waar ek die antwoord
op al my vrae soek wat ek uitknars
teen die geskifde plafon van waar
ons eens liefde geken het.
Maar jou spore is ook deur
die tyd verweer en daar is
geen deur meer om my eggo-roep
na jou te keer en dit binneshuis te hou.
Die enigste salf vir my hart rou
in die ewige geskuur van die sand
wat elke skreef binnedring om my
na die hede se pyn terug te bring.
© Christo du Plessis 2010
Lees ander gedigte deur Zymrly
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .