Gedigte

Titel: kreet
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

uit jou hart kreet die eensaamheid
ondraaglike emosie van byna niks
angstig grypend na begriplose tyd
die wêreld om jou vol leë skares

weerloos teen tyd en plek vervliet
weergalose lied van jou wroeging
dieper as diep kom daar vol note
soos druppels dou wat trane word

eensaam sit hy wat bemin word
daar ver in sy waterland versink
onmoontlike seestrome verbied
vertolking van jou treurige lied

as elke golf wat blinkend skuim
jou ruim hart van liefde vertolk
gaan strome oor verre seeweë
liefdesboodskap soontoe neem

jou liefde is in die blinkende see
die skuimpaadjies op die strand
krappies wat water-toe skarrel
jou hartseer oordra in die wind

maar hier op land draai jou gees
in woorde verbysterend ontplooi
gelaai in hartstogtelike eerlikheid
gepubliseer in tere vriendskappe

alleen – is nooit alleen
ween – is nooit vir een

©Teárlach



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kreet
dis vreeslik mooi!
4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud



Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar