Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Dis relatief, my lief,
sê sy

Ou’rymer, dis nou jý,
repliseer en
he-he hy


Frons sy, Sie’jy uit my drinkwater
nes ‘n dooi’n dikkop, stinkbekbokkapater,
want ek sou dalk eerder wou boekfeitelik’
staaf met die nodige isbn no’s e.s.m.
en wys’vingerlê op my hat ’oopgeslaan –
vir jou fisies’wys presies waaroor twis
en twakpraat gaan

Die wurm kriewel, niè,
hie-hie hy

Issie, sê sy, dit dans boggelrug’n terug
tot ‘n fyn’oog vogel êrens in vlug, met poot’n bek,
gog se vastrapplek uit-
mekaar kom trek

Mmm, mymer hy,
stry nie daarmee nie, maar
die vraag bly: …
kán jy sing?

sy veins
‘n ver’kyk; seg
gelate
,

Swygreg, my ding …


©Rina Greeff



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
jy huppel ligvoets deur n ryk skatkis van woorde,emosie,en als.
Like dit.
6 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


***
Skerp geskryf!!! Ek glimlag breed!
6 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Sing
Jy kán sing - en moet tog nie die swygreg uitoefen nie!
6 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


Oee.. ek hou hiervan..

Daai strofe waar sy frons .. UITSTEKEND! Ek dink bismarck se kommentaar som hierdie gedig van jou perfek op!

Alles wat goed en mooi is vir 2014!
6 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Hiert!
So skerp, so fyn en so goed soos die nuutste Minora!!!
Wil mos lyk asof jy hierdie niewe djaar met 'n groot 'bang' wil bestorm.
Groetnis en als van die heel beste.
:-)
6 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar