Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Krotte uit kratte
karton sink spykers en tou.
Saamgekap en gevleg
en teen die grond met ‘n draad gehou.
En nog krotte.
Vas teen die ander krotte gebou.
Motordeure en - dakke en plastieksakke,
advertensieborde en asbesstukke.

‘n Trein van kreupelhuisies
Roes en blink
‘n Vrolike palet.
Blertse van die reënboog saamgesnoer
in ‘n sukkelstrewe
op die rante van westerwees.
Ontheem.
Weg - van - Afrika - wil - wees ...

Krotte uit kratte
karton sink spykers en tou
saamgekap en gevleg
en teen die grond met ‘n draad gehou.
En nog krotte.
Vas teen die ander krotte gebou
‘n Sukkel - bestaan
op die rante van westerwees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Klippel Krotte
Hierdie gedig is so goed geskryf, ek kan vir myself 'n prentjie skilder daarvan.Maar op 'n manier is dit hartseer,omdat almal mos na beter streef. Ek kan net dink hoe koud hierdie huisies in die winter moet wees. Goed uitgebeeld in jou werk.
12 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar