Gedigte

Titel: Kruisie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Om my nek

dra ek die teken

nie te groot, net ‘n kleine.

Sê dat bloed vir my gevloei het.

Die lyding was Syne, verlossing myne.



Ek kyk elke dag na die simbool,

dank GOD Hy’t vir my ingetree.

Namens my siel oorgelewer.

Onverdien, vrylik alles gegee.



Onthou dat SY kruis GROOT was,

SY vernielde liggaam oorskadu het.

Oorweldig en ondraaglik Sy las,

myne so gering dat ek dit skaars oplet.



Sonder klagte sonder vrae

het HY die sware pak gedra.

Ek murmereer, ek kla by GOD,

ondankbaar kom ek Hom te na.



Dat my kruisie - klein soos dit is

nooit naastenby, dit sal kan weeg

van die Golgota se kruislas,

maar daarsonder is ek leeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie hiervoor - kry mens se perspektief weer bietjie in orde. Wat het geword van ons duet-gedigte? Ek kry deesdae heeltemal te min tyd om op Woes rond te loer, maar sien dit regtig nerens. En email my bietjie by my eie adres - vinniger om van daar af met jou te chat.
13 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 5 ure oud


Kruisie
'n Ou se gemoed is mos nie altyd dieselfde nie. Hierdie gedig het vanaand vir my besondere betekenis en boobskap. Dankie Mater.
13 jaar 1 maand 3 weke 21 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar